
Sokker: G’n SA-derbie in April - February 22, 2025
Daar sal nie in April ‘n Suid-Afrikaanse derbie in die CAF Kampioeneliga se kwarteindronde wees nie. Orlando Pirates en Mamelodi Sundowns het mekaar vermy in die trekking in Katar. Pirates, wat bo-aan groep B geëindig het, kom te staan teen Mouloudia Alger van Algerië, terwyl Sundowns Esperance van Tunisië pak in ‘n herhaling van verlede […]
Noorweë beplan salmboerdery aan Namibiese kus - February 22, 2025
‘n Groep Noorweegse veterane in die visbedryf beplan ‘n nuwe projek om aflandig in Namibië met salm te boer. Dié projek, onder leiding van Torben Foss, ‘n voormalige vennoot van PwC in Noorweë, wek groot belangstelling onder beleggers in dié land, asook in Namibië, China en Suid-Afrika, berig IntraFish. Die maatskappy, genaamd African Aquaculture Company, […]
Dodelike vloede in KwaZulu-Natal - February 22, 2025
Die KwaZulu-Natalse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thulasizwe Buthelezi, versoek inwoners om waaksaam te bly aangesien daar na voortgesette swaar reën steeds vloedrisiko’s in die provinsie bestaan. Sewe sterftes is vandeesweek aangemeld, met ses in eThekwini weens modderstortings, terwyl ‘n jong leerder deur vloedwater in eShoba meegesleur is. Woordvoerder vir die departement, Senzelwe […]
Musk: X moet feite regkry - February 22, 2025
Elon Musk sê hy sal X se feite-nasporingvermoë regruk ná ‘n meningspeiling op dié platform toon dat president Volodymyr Zelenskyy van die Oekraïne die meerderheid steun in sy eie land geniet. Dit is in teenstelling met wat president Donald Trump glo. Musk, Trump se regterhand, beweer tradisionele media en regerings manipuleer die inligting. ‘n Professor in […]
Banyana Banyana oefen kliphard - February 22, 2025
Die kampioen van die Afrikabeker vir Vroue, Banyana Banyana, speel twee vriendskaplike wedstryde teen Lesotho in Johannesburg. Die wedstryde is vir vandag en Dinsdag gereël en is deel van ‘n oefenkamp van nege dae voor WAFCON 2025. Afrigter Desiree Ellis wil die wedstryde wen as deel van die finale voorbereiding vir die toernooi in Marokko […]
Namibië se Jwala en welpies nou vry - February 22, 2025
Die Namibiese jagluiperd Jwala en haar vier welpies is Vrydag in die Kuno Nasionale Park in Indië vrygelaat. Jwala en haar kroos, wat in Januarie verlede jaar gebore is, was voorheen in ‘n kamp. Die Namibiese regering het in September 2022 twintig jagluiperds aan Indië geskenk, waar dié spesie voorheen uitgewis is. Die Kuno Park […]
Massas betoog vir Gaza in Seepunt - February 22, 2025
‘n Pro-Palestynse massasaamtrek word vandag gehou in Seepunt, naby die Mandela-brille. Dit is in reaksie op die Amerikaanse president Donald Trump se plan om Palestyne uit Gaza te dwing. Martin Jansen van die Palestynse Solidariteitsveldtog beklemtoon die stryd word heftiger. By die saamtrek sal die anti-apartheidsaktivis, Frank Chikane, ‘n leierskapverslag verskaf oor die Staatsdienskommissie se […]
Sinkgate vreet stad in Amasone - February 22, 2025
‘n Stad in die Amasone in Brasilië is toenemend die slagoffer van enorme sinkgate. Die munisipaliteit van Buriticupu moes ‘n noodtoestand verklaar ná gate van etlike meter diep die afgelope weke voorkom. Sowat 1 200 mense uit die totale bevolking van 55 000 loop die gevaar dat hul huise in die slag gaan bly. Verskeie geboue […]
Groot veranderings aan Bulle-span - February 22, 2025
Die Bulle se direkteur van rugby, Jake White, het sy span behoorlik geskommel vir vanmiddag se Jukskei-derbie teen die Leeus in die Verenigde Rugbykampioenskap. Daar is sewe veranderings aan die span wat onlangs teen die Haaie verloor het. Een van die ongelukkiges is Sergeal Petersen, wat op regtervleuel deur Sebastian de Klerk vervang word, terwyl […]
Kuberaanval: Paratus stel kliënte gerus - February 22, 2025
Paratus het kliënte gerusgestel dat al hul inligting wat op die wolk gestoor is, veilig is ná die groep Donderdag deur die kuberkrakersgroep Akira aangeval is. Geen eksterne partye het enige ongematigde toegang tot kliënte se inligting nie, het die besturende direkteur van Paratus, Andrew Hall, in ‘n verklaring verseker. Die hulp van internasionale kuberveiligheidspesialiste […]