
Ses Russe is dood in Rooisee-duikbootramp - March 28, 2025
Ses Russe is dood en 39 buitelandse toeriste is gered toe ‘n besigtigende duikboot van die Egiptiese Rooisee-oord Hurghada gesink het. Die duikboot, Sindbad, het 50 mense aan boord gehad, 45 toeriste van Rusland, Indië, Noorweë en Swede, en vyf Egiptiese bemanningslede. Die duikboot was toegerus met groot vensters om passasiers die Rooi See se […]
Ella Langley lei Country-toekennings - March 28, 2025
Die nuweling Ella Langley, lei vanjaar se 60ste Academy of Country-toekennings. Sy is benoem as Vroulike Kunstenaar van die Jaar en Nuwe Vroulike Kunstenaar van die Jaar, terwyl sy ses benoemings ontvang het vir haar liedjie saam met Riley Green, You Look Like You Love Me. Morgan Wallen, Lainey Wilson en Cody Johnson spog met […]
Ruacana vloei teen amper 1 000 kubiek per sekonde - March 28, 2025
Ruacana dreun met die Kunene se vloei wat op ‘n reuse 1 092,7 kubieke meter water per sekonde aangeteken is. Dit teenoor 361 wat verlede jaar aangeteken is. Die Namibiese Hidrologiese Diens sê verder die vloei van die Zambezi by Katima Mulilo tel ook op, tans op 4,46 meter teenoor 1,31 verlede jaar. Die Okavango […]
VF+ teleurgesteld in hofuitspraak oor Kill the Boer - March 28, 2025
Die Vryheidsfront Plus sê die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die apartheid-era Kill the Boer-liedjie is teleurstellend en kommerwekkend. Die hoogste hof het AfriForum se aansoek om verlof tot appèl teen vorige bevindings dat die lied nie haatspraak is nie, van die hand gewys. Die VF Plus-leier, Corné Mulder, sê wanneer ʼn land se hoogste […]
Dis te vroeg om sanksies teen Rusland te lig – Starmer - March 28, 2025
Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê daar moet toenemend druk op Rusland uitgeoefen word met nuwe en strenger sanksies, byvoorbeeld op energie-inkomste. Meer as 30 Europese lande het gister in Parys vergader. Brittanje en Frankryk het ooreengekom om ʼn militêre afvaardiging na Oekraïne te stuur om saam met Kiëf se weermag te werk en […]
SA F1-komitee ontvang drie aanbiedings - March 28, 2025
Die Suid-Afrikaanse F1-bodbestuurskomitee het teen die sperdatum van 18 Maart drie aanbiedinge ontvang. Die land sal na verwagting sy amptelike tender om in 2027 ʼn Grand Prix-wedren aan te bied, in Mei vanjaar indien. Suid-Afrika het in 1993 laas ʼn wedren by Kyalami in Gauteng aangebied. Die komitee sê die aanbiedinge se beoordelingsproses sal teen […]
Brief aan NNN oor Luvindao - March 28, 2025
Die Engelse dagblad The Namibian berig vanoggend dat drie mediese professionele persone aan president Netumbo Nandi-Ndaitwah geskryf het en haar ingelig het van wat hulle beskou as die kontroversiële mediese geskiedenis van die nuwe gesondheidsminister dr. Esperance Luvindao. Volgens die dagblad het haar voormalige werkgewer ‘n formele klag gelê oor operasionele rekords wat blykbaar nooit […]
Nekundi het planne vir paaie - March 28, 2025
Werke en vervoerminister Veikko Nekundi prioritiseer nie net die herlewing van Air Namibia nie maar ook die herstel na winsgewendheid van TransNamib en die rehabilitasie van paaie. Die regering het 10 miljoen Namibiese dollar vir ‘n noodroete toegewys nadat die brug tussen Windhoek en Rehoboth ineengestort het en 28 miljoen dollar vir die beskadigde Osona […]
Ntshavheni ondermyn vordering oor plaasmoorde - March 28, 2025
AfriForum het die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, gekritiseer oor haar wanvoorstelling van ‘n vergadering tussen die organisasie en die polisie. AfriForum weerlê bewerings dat sy erken het die plaasmoordstatistieke wat die minister van Polisie, Senzo Mchunu aangebied het, akkuraat is. Jacques Broodryk van AfriForum hou vol die vergadering was om misdaad-data te vergelyk, […]
Trump se voertuig-tariewe maak amok - March 28, 2025
Wêreldmoondhede het Amerikaanse president Donald Trump se strawwe tariewe op ingevoerde voertuie en onderdele gekritiseer en hulself tot vergelding verbind terwyl die toenemende handelsoorlog verskerp. Motoruitvoerders in Duitsland het die Europese Unie gevra om ferm op te tree terwyl Japan sê hy “sal alle opsies oorweeg.” Die Amerikaanse tariewe tree op 3 April in werking […]