Groot Omatjete-brand buite beheer, Suide brand ookJune 7, 2025
Die brandseisoen het begin, met die eerste groot veldbrande wat in welige gras uitgebreek het. In die suide woed ‘n groot veldbrand tussen Aroab en Karasburg naby plaas Williesputs langs die M26-pad. Dit is gisteraand aangemeld en dis nie seker of dit onder bedwang gebring is nie. In die Omatjete-omgewing in die Erongo-streek brand dit buite beheer in rowwe terrein en die Namibiese weermag sou vanoggend brandslaanpogings hervat. Dit hou groot gevaar in weens die Oosweer wat vir vandag en môre voorspel is. ‘n Groot brand noord van Outjo en net suid van die Etosha-grens is Vrydagoggend geblus.