
Wat beteken handelskoue vir SME’s? - October 14, 2022
‘n Aantal plaaslike en internasionale handelskoue en ekspo’s is in Namibië aangebied en Namibiërs, beide kleinskaalse en gevestigde besighede, het internasionale sake-ekspo’s in die buiteland bygewoon. Die Swakopmund Internasionale Handels-ekspo, Swaitex, vind tans in Swakopmund plaas. Kosmos 94.1 Nuus het aan die direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer, gevra watter langtermyn invloed in praktiese terme […]
President van Saharawi-republiek besoek Ramaphosa - October 14, 2022
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa ontvang Dinsdag die President van die Saharawi Arabiese Demokratiese Republiek, Brahim Ghali, by die Uniegebou in Pretoria op ‘n staatsbesoek. Volgens die presidensie is die doel van die besoek om die bestaande politieke betrekkinge te versterk. Die presidente sal ook menings uitruil oor onlangse verwikkelings wat verband hou met die vraag oor Wes-Sahara. Dit sluit […]
Trump moet voor 6 Januarie-komitee verskyn - October 14, 2022
Die komitee wat die opstand op 6 Januarie verlede jaar by die Capitol in Washington ondersoek, het sy laaste openbare verhoor gehou. Die voorsitter Bennie Thompson, en sy adjunk, Liz Cheney het afgesluit met die nuus dat hulle oud-president Donald Trump sal dagvaar om voor die komitee te verskyn. Steve Bannon, ‘n goeie vriend van […]
Namibiese agentskap vir kuberveiligheid gaan gevestig word - October 13, 2022
Die Namibiese regering het onderneem om ‘n agentskap te skep om die plaaslike kommunikasienetwerk se sekuriteit te verskerp en die land se kwesbaarhede vir kuber-aanvalle te evalueer. Ronel le Grange van die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, sê alle relevante belanghebbendes is betrek om te verseker dat ‘n volwaardige Namibiese Nasionale Sekuriteit- en Kuberspan […]
Prof. Peter Katjavivi woon IPU in Kigali by - October 13, 2022
Die Namibiese speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi, woon tans die Inter-parlementêre Unie, IPU, in Kigali, Rwanda, by. Meer as 1 000 parlementslede van verskillende lande is in Kigali byeen vir ‘n weeklange jaarlikse konferensie. Die IPU se 145ste jaarlikse konferensie word bygewoon deur meer as 60 sprekers van Nasionale Vergaderings van verskillende […]
Afrika gaan saamspan in Windhoek teen impakte van klimaatsverandering - October 13, 2022
Die Namibiese omgewingsministerie het bevestig Namibië gaan vanaf 24 tot 28 Oktober die 10de Konferensie oor Klimaatsverandering en Ontwikkeling in Afrika in Windhoek aanbied. Namibië is een van die mees weerlose lande in die wêreld vir die negatiewe impakte van klimaatsverandering. Die konferensie word deur die Afrika Klimaatsbeleidsentrum georganiseer en die tema is “Just Transition […]
DA eis optrede teen onreëlmatige uitgawes - October 13, 2022
Die DA in Gauteng eis dat die nuut aangestelde LUR vir onderwys, Matome Chiloane, optree teen amptenare wat in die 2021/22-boekjaar onreëlmatige uitgawes aangegaan het. Khume Ramulifho van die DA sê die ouditeur-generaal, Tshakani Maluleke, het aangedui dat doeltreffende en toepaslike stappe nie gedoen is om onreëlmatige uitgawes ten bedrae van 811 miljoen Suid-Afrikaanse rand […]
Eskom: Beurtkrag gaan nog lank bly - October 13, 2022
Eskom sê hy is bewus van hoe erg beurtkrag Suid-Afrika se landbou-sektor raak, en is besig om skouer aan die wiel te sit om die kragonderbrekings onder beheer te kry. Bedryfshoof van Eskom, Jan Oberholzer, het vandag by Agri SA se jaarlikse kongres in Pretoria gesê al werk hulle daaraan om kapasiteit te verbeter, sal […]
Napwu hou sy 10de Nasionele Kongres op Swakopmund - October 13, 2022
Die Vakbond vir Staatsdienswerkers, Napwu, bied tans sy 10de Nasionale Kongres op Swakopmund aan onder die tema ” Workers demand job security, affordable services and promote high productivity in the era of Covid-19 and beyond”. Die kongres het vandag begin en sal na verwagting op 15 Oktober eindig. Die addjunkminister in die kantoor van die […]
Alkohol en tabak styg met 5,6% in September - October 13, 2022
Gedurende September 2022 het die jaarlikse inflasiekoers vir die alkoholiese drank en tabak met 5,6 persent gestyg, vergeleke met 3 persent in September 2021, volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se Handelsbulletin vir September. Die toename is hoofsaaklik weens ‘n prysverhoging van alkoholiese drank van 5,8 persent. Op ‘n maandelikse basis het die inflasiekoers met 0,8 persent […]