
Beste stoetboer in Suider-Afrika is Namibiese boerin - October 14, 2022
Bianca Lueesse, dogter van die legendariese Simmentaler stoetboer, Reini Rusch, het die gesogte en vlagskip toekenning as Breedplan en Landbouweekblad se Suider-Afrikaanse Stoetteler van Jaar by Aldam in die buurland ontvang. Lueesse boer nie net met Simmentalers nie maar het ook ‘n Brahmanstoet en trofeewild op die familie-plaas Lichtenstein-West in die Khomas Hochland. Die Rusch-familie het die eerste Simmentalers in 1880 in Namibië ingevoer en die familie se stoet is reeds 50 jaar gelede geregistreer. Haar […]
Groot suksesse vir kabeldiefstaleenheid in Tshwane - October 14, 2022
Die Stad Tshwane sê die Tshwane Metropolisie se kabeldiefstaleenheid tel spoed op in die stryd teen kabeldiefstal. Tien-miljoen-rand is in die 2022/2023-begroting aan die eenheid toegeken om hulle verder te bekwaam met tegnologie en gereedskap om die stryd teen kabeldiefstal ‘n hupstoot te gee. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsveiligheid, Grandi Theunissen, sê die georganiseerde […]
Nghipunya se borgaansoek misluk - October 14, 2022
Die Fishrot-beskuldigde Mike Nghipunya se grondwetlike uitdaging oor die strafproseswet om sodoende borg te bekom was onsuksesvol. Regters Herman January en Essi Schimming-Chase, het dit sonder ‘n kostebevel van die hand gewys, terwyl regter Thomas Masuku die aansoek met ‘n kostebevel toegestaan het. Die kern van sy aansoek was dat die bepaling van die strafwet wat sê verdagtes kan aangehou word in […]
Sassa lê klagtes na talle miljoenêrs oor voordeel van R350 ontvang het - October 14, 2022
Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid het aan die Parlement bevestig dat strafsake geopen is teen mense wat die agentskap bedrieg en voordeel getrek het uit die maatskaplike hulp-noodtoelaag. Die woordvoerder van die agentskap, Paseka Letsatsi, sê Sassa het weens die bedrog aansienlike finansiële verliese gelei. Hy sê ryk mense wat miljoene verdien, het voordeel […]
Botswana-handelaars pleit dat grense oopgemaak word - October 14, 2022
‘n Tekort aan vars produkte in Botswana het handelaars in die buurland genoodsaak om by die regering te pleit om hulle toe te laat om weer produkte van Suid-Afrika en ander lande in te voer. Die Botswana regering het vroeër vanjaar die invoer van sekere produkte uit Suid-Afrika gestaak, insluitend tamaties, wortels, beet, aartappels, kool, blaarslaai, knoffel, uie, gemmer, […]
Etzebeth maak sy debuut more vir Haaie - October 14, 2022
Die Springbok-slot Eben Etzebeth maak môre in Durban sy debuut vir die Haaie in die Verenigde Rugby Kampioenskaps-wedstryd teen die Skotse span, Glasgow Warriors. Hy is by die begin-vyftiental ingesluit. Die Haaie se afrigter, Sean Everitt, het verskeie van sy Boksterre gekies wat ruskans gekry het na die Rugbykampioenskap. Bongi Mbonambi, Ox Nché, Siya Kolisi […]
Vakbondleier loof Geingob se werker-aanmerkings - October 14, 2022
Namibiese President Hage Geingob loof die verhouding tussen die regering en vakbonde en sê hulle is revolusionêre vennote wie se samewerking altyd in die belang van nasieskap is. Geingob sê dié verhouding is vroeër vanjaar bewys tydens die onderhandelinge vir salarisverhogings vir staatsamptenare tussen die Vakbond vir Staatsdienswerkers, Napwu, en die regering, tydens ‘n uitdagende […]
Namibië het matige vlakke van honger, Angola het baie verbeter - October 14, 2022
Namibië se Globale Honger-indeks vir 2022 staan op 18,7 wat ‘n redelike matige vlak van honger toon. Angola is een van 32 lande wat sy Globale Honger-indeks sedert 2000 met 50 persent of meer verminder het. Die internasionale verslag “Transforming Food Systems and Local Governance”, wat deur die nie-regeringsorganisasies Welthungerhilfe en Concern Worldwide uitgegee word sê Angola het tans ‘n indeks van 25,9 teenoor 64,9 in 2000. Die verslag sê terwyl die huidige […]
Inwoners in verskeie dele van Australië opdrag gegee om te ontruim - October 14, 2022
Inwoners in dele van Victoria, Nieu-Suid-Wallis en Tasmanië in Australië het opdrag gekry om hul huise te ontruim weens stortreën wat groot oorstromings meebring. Volgens berige het 500 huise in Victoria oorstroom en sowat nege-duisend-500 is sonder elektrisiteit. In Nieu-Suid-Wallis het ongeveer 600 mense in die dorp Forbes opdrag gekry om te ontruim. Die gevaar neem ook […]
Springbokvroue-span onveranderd vir Fidji-kragmeting - October 14, 2022
Die Springbok-vrouespan se afrigter, Stanley Raubenheimer, het sy beginspan vir Sondag se kragmeting teen Fidji in Nieu-Seeland onveranderd gelaat. Nolusindiso Booi sal dieselfde span op die veld lei wat verlede Saterdag teen Frankryk uitgedraf het. Die voorspeler Lerato Makua neem haar plek op die plaasvervangersbank in om Catha Jacobs te vervang. Raubenheimer sê alhoewel die […]