Verlate dadelplaas by Mariental in as  - October 3, 2022

‘n Verlate dadelplaas buite Mariental, wat vroeër die grootste bron van dadel-uitvoere in die land was, is in ‘n brand verwoes. Alle werksaamhede is reeds in 2019 deur die eienaars Octant Investment en Somnam Investment gestaak. Plaaslike inwoners het later dadels op die verlate plaas geoes en op straat verkoop. Dadels is meestal na die […]

Read More

Action SA gaan reageer op koalisieregering van Jozi - October 3, 2022

ActionSA gaan vandag die media toespreek oor wat verlede week agter die skerms gebeur het toe die Johannesburgse veelparty-regering ineengestort het. Dit volg nadat Colleen Makhubele van Cope as speaker van die raad verkies en die DA-burgemeester, Mpho Phalatse, uit die kussings gelig is. ActionSA se woordvoerder, Samkelo Mgobozi, sê daar is baie vals inligting […]

Read More

Sekere lande kan visum-vry na Zambië reis  - October 3, 2022

Die Suider-Afrikaanse nasie Zambië het sy pogings om sy toerismebedryf te bevorder, verskerp deur ‘n geen visum-vereiste in te stel aan lande soos die Verenigde Koninkryk, VSA, Kanada, Australië en vele ander. Dié stap het op 1 Oktober in werking getree en is deur die staat se Zambiese Toerisme-agentskap gekommunikeer. Plaaslike toergids Joseph Kafunda sê […]

Read More

PW Botha se dogter verloor stryd teen kanker - October 3, 2022

Die dogter van die voormalige Suid-Afrikaanse staatspresident uit die apartheidsera, PW Botha, het Sondag in Kaapstad haar stryd teen kanker verloor. Rozanne Visagie was een van Botha se vyf dogters en het bekendheid verwerf as sangeres. Haar talle Facebook-inskrywings oor haar gesondheidstryd, gaan skynbaar in boekvorm uitgegee word. Visagie word oorleef deur haar man Schalk […]

Read More

SAPD stel tugstappe in teen dansende konstabel - October 3, 2022

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se bestuur het interne tugstappe ingestel teen ‘n polisiekonstabel wat Saterdag afgeneem is terwyl hy in sy uniform by ‘n sokkerwedstryd op die Orlando-stadion dans. Die lid wat verbonde is aan die snelspoor-eenheid was onder die invloed van alkohol toe hy op die sokkerveld gedans het om toeskouers te vermaak. Die polisie […]

Read More

Nampol: Sewe kinders verkrag - October 3, 2022

Ses meisies en ‘n 15-jarige seun is volgens die weeklikse misdaadverslag van die Namibiese polisie verkrag. Die jongste verkragtingslagoffer is ’n tweejarige meisie. Die verdagte is ’n 21-jarige man. Hy is reeds in hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die landdroshof op Ondangwa verskyn.  ’n Vierjarige meisie is glo in die informele nedersetting […]

Read More

SA Express-bedrogsaak tot Desember uitgestel - October 3, 2022

Die landdroshof in Molopo in Noordwes het die saak teen vier verdagtes wat by tender-korrupsie van 400 miljoen Suid-Afrikaanse rand rakende SA Express betrokke is, tot 1 Desember uitgestel. Die verdagtes, insluitende drie maatskappye, staan tereg op 34 aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. ʼn Woordvoerder van […]

Read More

Brasiliërs stem weer einde Oktober - October 3, 2022

Die voormalige Brasiliaanse President, Luiz Inácio ‘Lula’ da Silva ook bekend as Lulu, van die linkse Werkersparty het Sondag die meeste stemme in die presidensiële verkiesing gekry, maar nie genoeg om ‘n herstemming teen sy verregse teenstander, die sittende Jair Bolsonaro te vermy nie. Lula het sowat 48 persent van die stemme gekry, maar het […]

Read More

Proteas teleurgestel om T20-reeks teen Indië te verloor - October 3, 2022

Krieket: David Miller van Suid-Afrika sê dit is ʼn teleurstelling om die T20-reeks teen Indië te verloor. Indië kon Sondag die knoop deurhaak ten spyte van ʼn verwoestende, onoorwonne 106 van David Miller. Die gashere het op Guwahati ‘n oorwinning van 16 lopies in die tweede wedstryd behaal om vir die eerste keer ʼn T20-reeks […]

Read More

Kaapstad Toerisme sien uit na goeie seisoen - October 3, 2022

Kaapstad Toerisme berei voor vir ‘n uitstekende seisoen. Die Moederstad verwag tussen November en Desember 184 internasionale vlugte per week. Dit sal tussen Januarie en Maart volgende jaar tot 191 vlugte per week toeneem. Dit kom neer op ongeveer 1,56 miljoen tweerigting-sitplekke tussen November en Maart volgende jaar, wat 7,9 miljard Suid-Afrikaanse rand aan toerisme-besteding […]

Read More