Jongste oor voedselsekerheid in Namibië

Die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis sê kommer neem toe oor die ontstellende hongersnood-krisis in Afrika, maar wat is die situasie in Namibië? Die organisasie glo die probleem in Afrika vererger vinnig, met 346 miljoen mense wat na wat berig word elke dag maaltye moet oorslaan. Kosmos 94.1 Nuus het met die eerste minister […]

Read More

Verklaar ramptoestand in KZN

Die KwaZulu-Natalse regering vra dat ‘n ramptoestand afgekondig word nadat swaar reën die provinsie sedert die naweek geteister het. Dit het kitsvloede veroorsaak wat verwoesting aangerig het aan infrastruktuur. Premier Sihle Zikalala sê indien ‘n ramptoestand verklaar word, kan die provinsie by die Nasionale Tesourie aansoek doen vir noodfondse en toestemming kry om huidige begrotings […]

Read More

Mazepin en sy pa verloor N$2 miljard in bates

 Die Russiese Formule Een-renjaer, Nikita Mazepin, en sy pa het meer as 2 miljard Namibiese dollar se eiendom verloor as gevolg van Europese sanksies oor die oorlog in Oekraïne. Daar word berig Italiaanse owerhede het sy besittings ingepalm, net soos hulle gedoen het met ander ryk Russe wat die Russiese president, Vladimir Putin, ondersteun. 

Read More

Prysstyging op suiker opgehef

Namib Mills het saam met regering gewerk en die 20 persent prysstyging op plaaslike suikerverkope is opgehef. Pieter van Niekerk, kommersiële bestuurder by die maatskappy het die besonderhede…

Read More

Walters reageer op klag teen Steve

Die voormalige Namibiese ombudsman, advokaat John Walters, het gereageer op die SA Menseregtekommissie wat ‘n aanmaningsbrief aan die sanger en aktivis Steve Hofmeyr geskryf het. Die kommissie het bevind dat die Hofmeyr se uitlatings oor die LGBTIQ+ gemeenskap strydig met Suid-Afrika se wetgewing is wat mense se waardigheid verseker en hulle teen onbillike diskriminasie beskerm.

Read More

Namibiese houtskool nou orals in VSA beskikbaar

Uitdagings wat die houtskoolbedryf verlede jaar in die gesig gestaar het, is effens beter soos met die vraghouers en uitvoere, maar daar is egter steeds geringe uitdagings op die hawe. Intussen het die Amerikaanse houtskoolhandelsmerk, The Good Charcoal Company, sy bekendstelling van sy premium akasia-houtskool, wat op Outjo verpak word, landwyd in Amerika aangekondig. Michael […]

Read More

Dis heeldag beurtkrag…

Eskom sê hy is genoodsaak om fase 2-beurtkrag aaneenlopend toe te pas van vyfuur vanoggend tot vyfuur Vrydagoggend nadat hy dit vanoggend tot namiddag sou opgehef het. Die kragvoorsiener se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê dis die gevolg van bykomende eenhede wat onklaar geraak het, en ‘n tekort aan opwekkingsvermoë. Hy sê dis weens vertragings om […]

Read More

Katjiua sê die stryd duur voort

Die Ovaherero-opperhoof Mutjinde Katjiua sê die stryd is nie verby nie al het die hoërhof beslis dat hy geen locus standi het om die Ovaherero-volk te verteenwoordig nie. Katjiua het in die aansoek, wat hy as dringend gebring het, gepoog om die voorsitter van die tradisionele owerheid Vipuira Kapuuo te verbied om in te meng in verskeie sake van die owerheid. Katjiua het aan plaaslike media bevestig dat hy […]

Read More

Honderde burgerlikes met skietwonde gevind in Oekraïne

Die Oekraïnse regering sê Russiese soldate het meer as 700 mense in Bucha en ander voorstede van die hoofstad Kiëf doodgemaak sedert die besetting laat in Februarie begin het. Meer as 200 mense word vermis. Die land se ministerie van binnelandse sake sê 403 liggame is al in Bucha gevind en die dodetal sal na verwagting verder styg. Internasionale nuusagentskappe berig […]

Read More

BoN sal seker repo-koers vandag opstoot

Vandag, na sy tweede monetêre beleidskomitee-vergadering van 2022, word verwag dat die Bank van Namibië sy repo-koers vir die tweede agtereenvolgende keer sal verhoog na 4,25 persent. Namibiese banke verwag dat die sentrale bank sy repokoers met 25 basispunte sal verhoog. Ekonoom Cons Karamata gee sy mening oor die rentekoers aan Kosmos 94.1 Nuus.

Read More