Walters reageer op klag teen Steve

Die voormalige Namibiese ombudsman, advokaat John Walters, het gereageer op die SA Menseregtekommissie wat ‘n aanmaningsbrief aan die sanger en aktivis Steve Hofmeyr geskryf het. Die kommissie het bevind dat die Hofmeyr se uitlatings oor die LGBTIQ+ gemeenskap strydig met Suid-Afrika se wetgewing is wat mense se waardigheid verseker en hulle teen onbillike diskriminasie beskerm.