Dis heeldag beurtkrag…

Eskom sê hy is genoodsaak om fase 2-beurtkrag aaneenlopend toe te pas van vyfuur vanoggend tot vyfuur Vrydagoggend nadat hy dit vanoggend tot namiddag sou opgehef het. Die kragvoorsiener se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê dis die gevolg van bykomende eenhede wat onklaar geraak het, en ‘n tekort aan opwekkingsvermoë. Hy sê dis weens vertragings om drie eenhede by die Camden-kragaanleg en twee by Tutuka in Mpumalanga weer in diens te stel: