BoN sal seker repo-koers vandag opstoot

Vandag, na sy tweede monetêre beleidskomitee-vergadering van 2022, word verwag dat die Bank van Namibië sy repo-koers vir die tweede agtereenvolgende keer sal verhoog na 4,25 persent. Namibiese banke verwag dat die sentrale bank sy repokoers met 25 basispunte sal verhoog. Ekonoom Cons Karamata gee sy mening oor die rentekoers aan Kosmos 94.1 Nuus.