Katjiua sê die stryd duur voort

Die Ovaherero-opperhoof Mutjinde Katjiua sê die stryd is nie verby nie al het die hoërhof beslis dat hy geen locus standi het om die Ovaherero-volk te verteenwoordig nie. Katjiua het in die aansoek, wat hy as dringend gebring het, gepoog om die voorsitter van die tradisionele owerheid Vipuira Kapuuo te verbied om in te meng in verskeie sake van die owerheid. Katjiua het aan plaaslike media bevestig dat hy sy stryd voort sal sit en sê die waarheid sal wel ontbloot word. Hy sê hy sal voortgaan met sy projekte tot die voordeel van die Ovaherero-volk. Kapuuo het vroeër ook klagte ingedien dat die stemproses wat gevolg is om Katjiua as opperhoof te verkies, foutief was.