Namibiese houtskool nou orals in VSA beskikbaar

Uitdagings wat die houtskoolbedryf verlede jaar in die gesig gestaar het, is effens beter soos met die vraghouers en uitvoere, maar daar is egter steeds geringe uitdagings op die hawe. Intussen het die Amerikaanse houtskoolhandelsmerk, The Good Charcoal Company, sy bekendstelling van sy premium akasia-houtskool, wat op Outjo verpak word, landwyd in Amerika aangekondig. Michael Degé voorsitter van die Namibiese Houtskoolvereniging gesels oor die nuutste in die bedryf.