Honderde burgerlikes met skietwonde gevind in Oekraïne

Die Oekraïnse regering sê Russiese soldate het meer as 700 mense in Bucha en ander voorstede van die hoofstad Kiëf doodgemaak sedert die besetting laat in Februarie begin het. Meer as 200 mense word vermis. Die land se ministerie van binnelandse sake sê 403 liggame is al in Bucha gevind en die dodetal sal na verwagting verder styg. Internasionale nuusagentskappe berig dat Oekraïnse owerhede voorvalle in die noordoostelikse distrik Bovary ondersoek waar die liggame van ses burgerlikes in ‘n kelder gevind is. Almal het skietwonde gehad.