Hoofpad na binnelandse sake in Whk gesluit

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake lig die publiek in dat die hoofpad na die ministerie se nuwe gebou in die hoofstad, tydelik gesluit is weens konstruksiewerk. Die publiek word aangeraai om alternatiewe toegang tot die noordelike kant van die gebou via Louw- en Hugostrate te verkry. Die ministerie se skakelbeampte, Margaret Kalo …

Read More

SA se ligte bly aan oor Paasnaweek… maar dan…

Eskom het beurtkrag vir die Paasnaweek opgehef. Die uitvoerende hoof, André de Ruyter, sê die opheffing is moontlik danksy die verwagte laer vraag na krag die volgende paar dae. Hy waarsku egter beurtkrag kan volgende week weer ingestel word wanneer die vraag na krag weer toeneem:

Read More

Curriebeker: WP en Cheetahs vandag

Westelike Provinsie en die Cheetahs speel in Kaapstad teen mekaar in die enigste Curriebekerwedstryd van vandag nadat die kragmeting tussen die Haaie en die Bulle in Durban afgestel is weens die oorstromings in KwaZulu-Natal. Afskop op die Kaapstad-stadion is om kwart voor drie. Gister het Griekwas die Leeus 23-17 verslaan in Johannesburg en die tuisspan […]

Read More

Oorskot van 3 gevind na motor in Kunene wegspoel

Die oorskot van drie mense is uiteindelik deur owerhede gevind nadat hul motor weggespoel is terwyl hulle tussen Opuwo en Okangwati in die Kunene-streek die Kunene-rivier probeer oorsteek het. NamPol se Kunene-streeksbevelvoerder, James Nderura, sê 11 mense was in die bakkie. Hulle was blykbaar besig om mopaniewurms te oes. Agt passasiers insluitend die bestuurder het […]

Read More

‘Geniet die langnaweek, maar onthou, Covid is steeds met ons’

Die adjunk Namibiese minister van gesondheid, Ester Muinjangue, het ‘n beroep op lede van die publiek gedoen om versigtig te wees oor die langnaweek. Talle byeenkomste word gehou en mense kom bymekaar. Sy sê Covid is steeds teenwoordig en bly gevaarlik. Sy vra dat mense sosiale afstand handhaaf en gereeld hande was.

Read More

Vloedskade by eThekwini op R757m beraam

Die eThekwini-metro in KwaZulu-Natal raam die skade weens dié week se uiterste weerstoestande in die omgewing van 757 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Burgemeester Mxolisi Kaunda sê hulle het in die onlangse verlede nie sulke oorstromings ervaar nie, en die skade aan infrastruktuur was omvattend. Meer as 340 mense het gesterf in oorstromings en modderstortings wat op […]

Read More

Oekraïne se Wêreldbeker uitspeelstryd is op 5 Junie

Oekraïne se Wêreldbeker-uitspeelstryd teen Skotland, wat verskuif is weens die Russiese inval, sal op 1 Junie gespeel word. Die wenners van die wedstryd op Hampdenpark in Glasgow speel op 5 Junie teen Wallis in Cardiff om ‘n plek in vanjaar se toernooi in Katar. Fifa het die oorspronklike wedstryddatum van 24 Maart op Oekraïne se […]

Read More

Geen likwidasie vir TransNamib nie – Shiimi

Die Namibiese minister van finansies, Ipumbu Shiimi, sê daar is geen waarheid in gerigte dat TransNamib gelikwideer moet word, of sal word nie. Hy sê die maatskappy is die operateur van amper 2 700 kilometer se spoorlyn regoor die land wat ook verbind is aan Suid-Afrika en dat daar geleenthede is om die lyn verder […]

Read More

KZN-vloede, Covid, oorlog – alles dra by tot voertuigtekorte

Die verwoestende vloede in KwaZulu-Natal het daartoe gelei dat Toyota Suid-Afrika sy bedrywighede by sy Prospecton-aanleg suid van Durban gesluit het. Voertuighandelaars vir die meeste voertuighandelsmerke het reeds voorraadkwessies ondervind as gevolg van die wêreldwye tekort weens ‘n brand by ‘n groot verskaffer verlede jaar, asook wêreldwye voorsieningsketting-onderbrekings wat veroorsaak is deur Covid-inperkings. Ander handelaars […]

Read More

Rusland se vlagskip vaartuig, Moskva, sink

Internasionale nuusagentskappe berig dat ontploffings vroeër vanoggend in die Oekraïnse hoofstad Kiëf gehoor is, die eerste sedert Russiese troepe die gebied verlaat het. Intussen het Rusland se vlagskip oorlogsvaartuig in die Swart-see, die Moskva, gesink. Die vaartuig was uiters belangrik vir Rusland se vloot in daardie gebied. Rusland sê ammunisie het op die vaartuig ontplof […]

Read More