‘Geniet die langnaweek, maar onthou, Covid is steeds met ons’

Die adjunk Namibiese minister van gesondheid, Ester Muinjangue, het ‘n beroep op lede van die publiek gedoen om versigtig te wees oor die langnaweek. Talle byeenkomste word gehou en mense kom bymekaar. Sy sê Covid is steeds teenwoordig en bly gevaarlik. Sy vra dat mense sosiale afstand handhaaf en gereeld hande was.