Vloedskade by eThekwini op R757m beraam

Die eThekwini-metro in KwaZulu-Natal raam die skade weens dié week se uiterste weerstoestande in die omgewing van 757 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Burgemeester Mxolisi Kaunda sê hulle het in die onlangse verlede nie sulke oorstromings ervaar nie, en die skade aan infrastruktuur was omvattend. Meer as 340 mense het gesterf in oorstromings en modderstortings wat op dae van stortreën gevolg het. Kaunda sê dit kan die metro se rampbestuurspanne ‘n rukkie neem om alle dienste te herstel.