Curriebeker: WP en Cheetahs vandag

Westelike Provinsie en die Cheetahs speel in Kaapstad teen mekaar in die enigste Curriebekerwedstryd van vandag nadat die kragmeting tussen die Haaie en die Bulle in Durban afgestel is weens die oorstromings in KwaZulu-Natal. Afskop op die Kaapstad-stadion is om kwart voor drie. Gister het Griekwas die Leeus 23-17 verslaan in Johannesburg en die tuisspan daarmee hulle agste nederlaag van die seisoen toegedien. Albei spanne het twee drieë gedruk, maar die Griekwas het twee meer strafdoele as die tuisspan aangeteken.