Oekraïne se Wêreldbeker uitspeelstryd is op 5 Junie

Oekraïne se Wêreldbeker-uitspeelstryd teen Skotland, wat verskuif is weens die Russiese inval, sal op 1 Junie gespeel word. Die wenners van die wedstryd op Hampdenpark in Glasgow speel op 5 Junie teen Wallis in Cardiff om ‘n plek in vanjaar se toernooi in Katar. Fifa het die oorspronklike wedstryddatum van 24 Maart op Oekraïne se versoek uitgestel met die steun van Wallis, Skotland en Oostenryk. Wallis het Oostenryk in hulle uitspeelstryd geklop.