Stad Windhoek wys nuwe junior stadsraad aan
Stad Windhoek het sy junior stadsraad aangewys. Moses Filipus, ‘n graad 11-leerder van Jan Mohr Sekondêre Skool is as Windhoek se nuwe junior burgemeester uit nege ander leerders aangewys. Fenn Paulus van die Hage Geingob Hoërskool is die adjunk-burgemeester. Die leerders sal vir twee jaar in die posisies dien. Stad Windhoek het in 1999 die […]
N$183 miljoen vir Nasionale Beplanningskommissie begroot
Die Nasionale Beplanningskommissie het 183 miljoen Namibiese dollar in die begroting gekry om sleutel-aktiwiteite van die NDP6, Visie 2030 en ekonomiese ontwikkeling te implementeer, volgens die minister in die presidensie, Christine Hoebes. Onder die Nasionale Beplanningskommisie sal die Namibiese Statistieke-agentskap sowat 94,4 miljoen Namibiese dollar ontvang om hul mandaat te vervuil. Meer as 11 miljoen dollar sal toegeken […]
Namibiese sokkerster Peter Shalulile behaal weer driekuns
Die Namibiese internasionale sokkerspeler Peter Shalulile het ‘n driekuns behaal vir ‘n tweede agtereenvolgende DStv Premiership-kragmeting toe Mamelodi Sundowns vanmiddag op die Loftus Versfeld-stadion vir Golden Arrows met 6-0 afgeransel het. Sundowns is nader aan die premierskap-titel en Shalulile met 21 doele, is op die punt om Collins Mbesuma se langdurige rekord van 25 liga-doele in ‘n enkele seisoen te breek.
Drie uit vier Namibiërs beskou Namibië as veilig
Drie uit vier Namibiërs beskou die land as ‘n veilige plek om te woon, volgens ‘n onlangse Afro-barometer-opname. Dieselfde persentasie burgers sê veiligheid en sekuriteit het die afgelope vyf jaar in Namibië verbeter, maar meer as die helfte van Namibiërs sê hulle het die afgelope jaar vrees vir misdaad in hul huise ervaar en onveilig […]
Opposisiepartye gekant teen FIMA
Daar is vandag in die Nasionale Vergadering oor die omstrede Fima-wetgewing gedebatteer. Veral die bepaling dat net 25 persent van ‘n pensioenfonds voor 55 jaar uitbetaal mag word, word veroordeel, terwyl die regering sê ‘n spaarkultuur moet gevestig word. Opposisiepartye in die parlement, die amptelike opposisieparty, die PDM, en sy leier McHenry Venaani, is gekant […]
FIMA in Nasionale Vergadering bespreek
Die omstrede FIMA-wetgewing is vandag in die Nasionale Vergadering bespreek. Veral die bepaling dat net 25 persent van ‘n pensioenfonds voor 55 jaar uitbetaal mag word, lok wyd reaksie uit. FIMA is nog nie goedgekeur en nie voor 1 Oktober van krag nie. Die minister van finansies, Ipumbu Shiimi, verduidelik die hoofdoel van ‘n pensioenfonds…
Steve Hofmeyer kry aanmaningsbrief van SA Menseregte-kommissie
Die SA Mensregte-kommissie het bevind dat die sanger en aktivis Steve Hofmeyr se uitlatings oor LGBTQ+-gemeenskap strydig met Suid-Afrika se wetgewing is wat mense se waardigheid verseker en hulle teen onbillike diskriminasie beskerm. Advokaat André Gaum, kommissaris van die kommissie, sê daar is bewyse dat Hofmeyr se uitlatings ook aan teistering gelykstaande is. Dit is nog nie […]
Drie van Vaaldam se sluise is oop
Die departement van water en sanitasie het drie van die Vaaldam se sluise oopgemaak. Die besluit volg weens die groot toename in die dam se invloei na die onlangse reënbuie. Die Vaaldam, wat die meeste dele van Gauteng voorsien, het vanoggend op 110,5 persent gestaan, terwyl die Bloemhofdam op 106,9 persent was. Water word ook […]
Eskom het genoeg steenkoolvoorrad vir winter
Eskom het bevestig daar is voldoende steenkoolvoorraad om Suid-Afrika deur die reën- en winterseisoen te neem. Die kragvoorsiener se uitvoerende hoof, André de Ruyter, het die media ingelig oor Eskom se opwekkingsvermoë en sê die reën-gereedheidstrategie wat by verskeie kragstasies in werking gestel is, het gehelp om voldoende steenkoolvoorraad op te bou. De Ruyter sê […]
Digitale Covid-inentingsertifikate dalk oor twee weke uitgereik
Die Namibiese gesondheidsministerie sê by monde van sy uitvoerende direkteur, Ben Nangombe, die uitreiking van digitale Covid-inentingsertifikate sal oor twee weke of vroeër operasioneel wees. Die ministerie is ook in gesprek met Suid-Afrikaanse owerhede oor moontlike tussentydse maatreëls vir Namibiërs wat na Suid-Afrika wil reis. Intussen word inwoners aangeraai om negatiewe PCR-toetsuitslae te toon soos […]