Steve Hofmeyer kry aanmaningsbrief van SA Menseregte-kommissie

Die SA Mensregte-kommissie het bevind dat die sanger en aktivis Steve Hofmeyr se uitlatings oor LGBTQ+-gemeenskap strydig met Suid-Afrika se wetgewing is wat mense se waardigheid verseker en hulle teen onbillike diskriminasie beskerm. Advokaat André Gaum, kommissaris van die kommissie, sê daar is bewyse dat Hofmeyr se uitlatings ook aan teistering gelykstaande is. Dit is nog nie bekend wat die kommissie van die sanger vereis nie.