Drie van Vaaldam se sluise is oop

Die departement van water en sanitasie het drie van die Vaaldam se sluise oopgemaak. Die besluit volg weens die groot toename in die dam se invloei na die onlangse reënbuie. Die Vaaldam, wat die meeste dele van Gauteng voorsien, het vanoggend op 110,5 persent gestaan, terwyl die Bloemhofdam op 106,9 persent was. Water word ook uit die Hazelmere-dam, noord van Durban gelaat. Dit is sodat die werk om die damwal te verhoog, veilig kan voortgaan. Die departement het gemeenskappe stroomaf oor die gevolglike toename in die damme se uitvloei gewaarsku.