Opposisiepartye gekant teen FIMA

Daar is vandag in die Nasionale Vergadering oor die omstrede Fima-wetgewing gedebatteer. Veral die bepaling dat net 25 persent van ‘n pensioenfonds voor 55 jaar uitbetaal mag word, word veroordeel, terwyl die regering sê ‘n spaarkultuur moet gevestig word. Opposisiepartye in die parlement, die amptelike opposisieparty, die PDM, en sy leier McHenry Venaani, is gekant teen Fima. Hy sê soos politici moet alle Namibiërs toegang tot hul aftreegeld hê.