Stad Windhoek wys nuwe junior stadsraad aan

Stad Windhoek het sy junior stadsraad aangewys. Moses Filipus, ‘n graad 11-leerder van Jan Mohr Sekondêre Skool is as Windhoek se nuwe junior burgemeester uit nege ander leerders aangewys. Fenn Paulus van die Hage Geingob Hoërskool is die adjunk-burgemeester. Die leerders sal vir twee jaar in die posisies dien. Stad Windhoek het in 1999 die junior stadsraad gevestig. Lydia Amutenya, kommunikasiebeampte van Stad Windhoek …