Eskom het genoeg steenkoolvoorrad vir winter

Eskom het bevestig daar is voldoende steenkoolvoorraad om Suid-Afrika deur die reën- en winterseisoen te neem. Die kragvoorsiener se uitvoerende hoof, André de Ruyter, het die media ingelig oor Eskom se opwekkingsvermoë en sê die reën-gereedheidstrategie wat by verskeie kragstasies in werking gestel is, het gehelp om voldoende steenkoolvoorraad op te bou. De Ruyter sê ook die kragvoorsiener het genoeg brandstof en olie vir die reënseisoen, ten spyte van die huidige konflik in Oekraïne.