Digitale Covid-inentingsertifikate dalk oor twee weke uitgereik

Die Namibiese gesondheidsministerie sê by monde van sy uitvoerende direkteur, Ben Nangombe, die uitreiking van digitale Covid-inentingsertifikate sal oor twee weke of vroeër operasioneel wees. Die ministerie is ook in gesprek met Suid-Afrikaanse owerhede oor moontlike tussentydse maatreëls vir Namibiërs wat na Suid-Afrika wil reis. Intussen word inwoners aangeraai om negatiewe PCR-toetsuitslae te toon soos Suid-Afrika vereis. Die woordvoerder van die gesondheidsministerie, Walters Kamaya