Namibiese sokkerster Peter Shalulile behaal weer driekuns

Die Namibiese internasionale sokkerspeler Peter Shalulile het ‘n driekuns behaal vir ‘n tweede agtereenvolgende DStv Premiership-kragmeting toe Mamelodi Sundowns vanmiddag op die Loftus Versfeld-stadion vir Golden Arrows met 6-0 afgeransel het. Sundowns is nader aan die premierskap-titel en Shalulile met 21 doele, is op die punt om Collins Mbesuma se langdurige rekord van 25 liga-doele in ‘n enkele seisoen te breek.