Ietermagô-bewustheidsdag plaaslik sommer die hele maand

Wêreld-ietermagôdag is om die draai. Die mees gesmokkelde soogdier ter wêreld word internasionaal op die derde Saterdag van Februarie gevier. In Namibië het die omgewingsministerie die hele maand aan bewustheid van die ietermagô toegewy met pryse wat weekliks weggegee word. Ietermagô-navorser, Kelsey Prediger sê vanjaar word ‘n pretdrag ten bate van die ietermagô aangebied.

Read More

Ongelukke neem toe, mense 72% verantwoordelik

Motorongelukke in Namibië is besig om weer te styg nadat daar ‘n afname was tydens die reisverbod tussen streke in die Covid-pandemie. Volgens ‘n studie van die Motorvoertuig-ongelukkefonds is die oorsaak van ongelukke 72 persent weens menslike faktore. Die fonds doen ‘n beroep op padgebruikers, veral bestuurders om padreëls na te kom. Surihe Gaomas-Guchu, hoof […]

Read More

Studie toon SOI’s en MIV is verbind

Openbare gesondheidspesialiste en MIV-kundiges van Wits Universiteit en die Universiteit van Kaapstad het ‘n nuwe studie uitgevoer wat aandui MIV en seksueel oordraagbare infeksies, bekend as SOI, moet omvattend behandel word. Dit volg nadat die jongste bevindings aangedui het byna een sesde van MIV-besmettings tussen SOI-pasiënte is nuwe besmettings. Kenners sê die onlangse MIV-besmetting is […]

Read More

Britte moet Oekraïne verlaat, asb

Die Britse minister van Buitelandse Sake, Liz Truss, sê Britse burgers in Oekraïne moet dadelik die land verlaat terwyl daar nog handelsroetes beskikbaar is. Truss is van mening dat Rusland Oekraïne enige oomblik kan binneval. Daar is tans ‘n beraamde 120 000 Russiese soldate op die Oekraïnse grens en intelligensie-beamptes in Amerika glo Rusland het […]

Read More

Sewes in Kaapstad ‘n wonderlike geleentheid

Die voorsitter van Wêreldrugby, Bill Beaumont, sê die Wêreldbeker-sewestoernooi in Kaapstad sal ‘n perfekte platform bied vir die wêreld se beste spelers om hul talente ten toon te stel. Kaartjies vir die driedaagse geleentheid, wat in September in Kaapstad aangebied word, sal op die 28ste van hierdie maand te koop wees. Nieu-Seeland is die heersende […]

Read More

Stad Tshwane help tydens oorstromings

Die Stad Tshwane se departement paaie en vervoer sê hy is verheug hy kon bydra tot die stad se hulpverleningspogings ná die swaar reën wat oorstromings in sommige dele van die metro veroorsaak het. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê altesaam 2 340 kilometer is in die loop van die reddingspoging afgelê. Stuurman sê […]

Read More

SA Windenergie sê hernubare krag gaan duisende werksgeleenthede skep

Die bekendstelling van meer hernubare bronne in Suid-Afrika se toekomstige energiemengsel sal ‘n groot rol speel in die vermindering van die land se algehele koolstofvrystellings. Dit is volgens die SA Windenergie-vereniging, wat sê dat hernubare energie, ook oor die lang termyn, duisende werksgeleenthede in die land kan skep. President Cyril Ramaphosa het verlede week tydens […]

Read More

DA: Gautengse gesondheidsdepartement faal kinders

Die DA in Gauteng sê die departement van gesondheid se pogings om die sterftesyfer van kinders jonger as vyf jaar weens wanvoeding te verminder, het misluk. Volgens die departement se derde kwartaal-verslag vir die 2021/22-boekjaar is die teikens om die sterftesyfer by distrik-, streek- en sentrale hospitale te verminder, nie bereik nie. Alan Fuchs van […]

Read More

Namibiese ministerie van visserye ondersoek visvrektes

Die Namibiese ministerie van visserye het bevestig dat hul beamptes besig is om die water in die Walvisbaai-hawe en -strandmeer te analiseer om te bepaal of dit giftig is of nie. Dit volg ná visvrektes wat oor die naweek aan die kus aangemeld is. Dit is volgens kenners weens ‘n swael-uitbarsting en kom jaarliks voor. […]

Read More

Sewe sterf in ontploffing in gebou in Frankryk

‘n Pasgebore baba is onder minstens sewe mense wat dood is in ‘n ontploffing wat ‘n brand veroorsaak het in ‘n gebou in die suidweste van Frankryk. Nog ‘n kind is onder die slagoffers, terwyl reddingswerkers na minstens nog twee vermiste mense soek. Minstens 30 mense is beseer of in ‘n toestand van skok nadat […]

Read More