Nog ‘n skietery in VSA, 2 tieners sterf

Die Amerikaanse polisie soek na verskeie verdagtes nadat twee tieners die naweek dood en verskeie mense gewond is tydens ‘n groot partytjie in Pittsburgh, Pennsylvania. Volgens berigte is meer as 90 skote afgevuur op die omtrent 200 kinders wat die partytjie bygewoon het. Die slagoffers is blykbaar twee 17-jarige seuns. Die polisie sê volgens ‘n  voorlopige ondersoek het ‘n onderonsie uitgebreek, wat gelei het tot die skietery. Sommige partytjiegangers het blykbaar by vensters uitgespring om weg te kom.