Tsitsipas vat Monte Carlo-ope

Stefanos Tsitsipas van Griekeland het aan die begin van die kleibaan-seisoen ‘n duidelike boodskap oorgedra toe hy sy titel op die Monte Carlo-meesterstoernooi verdedig het. Die wêreld nommer vyf het die Spanjaard Alejandro Davidovich Fokina in die eindstryd in skoon stelle gewen – 6-3, 7-6. Tsitsipas het die wêreld nommer twee Alexander Zverev van Duitsland in die halfeindronde geklop. Die seisoen verskuif nou na Spanje waar die Barcelona Ope vandag begin. Die kleibaan-Grand Slam-toernooi, die Franse Ope, begin op die 22ste van volgende maand in Parys.