Honderde vragmotors vlug EU na Rusland, Belarus

Die Europese Unie het ‘n stormloop na sy grense veroorsak met duisende vagmotor bestuurders wat hul haas om die gebied te verlaat voor sanksies ingestel word. Die EU het vroeër vandeesmaand aangekondig alle vragmotors van Rusland en Belarus die teogang tot die blok verbied word, behalwe die wat voedsel, posstukke, medisyne, en olie of brandstof vervoer. Internasionale nuusagentskappe berig dat daar ‘n lyn van 80 kilometer by die grens tussen Pole en Belarus is. Die sperdatum het reeds op 16 April verstryk maar daar is erge vertragings met meer as 400 vragmotors wat steeds wag om die gebied te verlaat.