Israel se koalisieregering ly onder onluste

Geweld in Jerusalem duur voort en na die arrestasie van 18 Palestyne betogers, is daar toenemende druk op Israel se koalisieregering. Israelse onlustepolisie het hul hande vol gehad met Palestynse oproeriges in die sogenaamde Ou Stad. Die betogers het die polisie en lede van die publiek met klippe bestook en voertuie se ruite stukkend gegooi. Dit volg na die geweld by die Al-Aqsa-moskee-kompleks twee dae tevore. Die United Arab List-party het as gevolg hiervan, uitgetree uit Naftali Bennett se koalisiergering, met sy vier setels in die parlement. Bennett het reeds sy meerderheid in die regering verloor en het net 60 van die 120 setels in die parlement beheer wat nou gedaal het na 56. Spanning en geweld oor Jerusalem gedurende Mei verlede jaar het gelei na ‘n 11-dag oorlog.