KZN-premier sê niemand word met water voorgetrek nie

Die premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, sê bewerings dat ‘n watertenkwa wat veronderstel was om water aan die rampgeteisterde gemeenskap te voorsien aan sy woning in die noorde van Durban voorkeur gegee het, is ongegrond en beledigend. Dit volg na die berekende sirkulasie van digitaal-gemanipuleerde videomateriaal waarin ‘n watertenkwa water aan sy huis lewer. Zikalala sê die video wys nie dat die tenkwa inderdaad ook water aan plaaslike inwoners voorsien het nie: