Alle oë op Dam in Botswana

Alle oë sal op die nasionale 1 500-meter kampioen David Dam wees wanneer hy aan die einde van die maand in Botswana aan die internasionale byeenkoms deelneem. Dam het pas in verskeie byeenkomste in Suid-Afrika gekompeteer in die 800- en 1 500-meter, en sal môre terugkeer na Namibië vir verdere voorbereidings vir die einde van die maand. Sy afrigter, Erongo se sport beampte, Berthold Karumendu, sê die blootstelling wat Dam, ‘n San-atleet, ontvang het, was baie waardevol vir hom.