UK se bib nog steeds herbou – jaar na brand

Die Universiteit van Kaapstad is steeds besig om sy ikoniese biblioteek te herbou nadat ‘n brand ‘n jaar gelede groot skade aangerig het. Die brand het begin in die omgewing van die Rhodes-gedenkteken en die leeskamer en verskeie waardevolle versamelings verwoes. Die universiteit se direkteur van Biblioteke, Ujala Satgoor, sê twee rampe het die biblioteek […]

Read More

Oekraïne: VN vra Ortodokse skietstilstand

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, Antonio Guterres, vra vir ‘n vier dae lange Ortodokse Paasfees humanitêre skietstilstand in die Oekraïne om voorsiening te maak vir die veilige deurgang van burgerlikes om gebiede van konflik te verlaat, sowel as die lewering van humanitêre hulp. Guterres sê die Verenigde Nasies is besig om planne aan die partye […]

Read More

Delta se driehoek deur Kaapstad verwelkom

Die Stad Kaapstad se ekonomie het ‘n groot hupstoot gekry met die nuus oor die Amerikaanse redery, Delta Airlines, wat uiteindelik die groen lig van die Suid-Afrikaanse regering gekry het om ‘n driehoek-roete tussen Atlanta, Johannesburg en Kaapstad te bedryf. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê al meer internasionale rederye kondig vlugte na […]

Read More

Ministerie reageer op ‘arbeidsaktiviste’

Die Namibiese arbeidsministerie het ‘n verklaring uitgereik waarin hy reageer op sogenaamde aktiviste wat werkgewers oorval en in sommige gevalle dreig. Yanna Smith doen verslag.

Read More

Krokodil-aanvalle kry aandag

Gemeenskappe wat by die Okavango-rivier woon, sal binnekort die begunstigdes wees van ‘n bewusmakingsveldtog wat fokus op krokodilhabitat, en jagstrategieë. Dit volg na voortdurende aanvalle deur krokodille op mense in die twee Kavango-streke. Romeo Muyunda, woordvoerder van die omgewingsministerie, sê die jongste aanval wat oor die naweek plaasgevind het, waar ‘n 13-jarige seun in dood […]

Read More

KZN: Klimaatsverandering onder die loep

Die oorstromings in die suidoostelike dele van Suid-Afrika het weer die soeklig op klimaatsverandering geplaas. Fritz Platt, Kosmos 94.1 se Kaapse korrespondent, het die jongste na die minister van samewerkende regering Nkosazana Dlamini-Zuma die buurland toegespreek het.

Read More

Arm kinders word meer geslaan – studie

Die Instituut vir Sekerheidstudies in vennootskap met die Universiteit van Kaapstad het ‘n studie vrygestel wat aandui 45 persent van huishoudings wat minder gelukkig is, het die meeste aanduiders van armoede. Volgens die studie word kinders wat in armoede gebore word onderwerp aan lyfstraf omdat hulle ouers stres ondervind. Ma’s in armoede-geteisterde omgewings is minder […]

Read More

Kinder-huwelike: Die reg onttroon tradisionele wette

Kinder-huwelike is volgens kenners in die gebied ‘n groot uitdaging en daar word berig dat 90 persent van kinders wat gebore word aan moeders tussen die ouderdom van 15 en 19, binne die huwelik gebore is. Dit is ‘n duidelike botsing tussen tradisionele en formele wetgewing. Maar, volgens Toni Hancox, direkteur van die Regshulpsentrum, kraai […]

Read More

Boere het laat geplant, ander sukkel om gewasse groot te kry

Namibië presteer goed in akkerbou en voorsien reeds 48 persent van sy grane en groente. Die Otjozondjupa-streek het die land se broodmandjie geword maar boere in die streek het dié seisoen, met wispelturige reënval, laat geplant, terwyl ander weer saad in die grond gesit het en gehoop het vir die beste. Terwyl daar bystand aangebied […]

Read More

Eie koring uiters uitdagend vir Afrika

Afrika sal moet alternatiewe bronne vir koringvoorraad vind. Dit is die mening van kenners na aanleiding van die oorlog in Oos-Europa. Maar Afrika is nie geskik vir grootskaalse koringproduksie nie. ‘n Temperatuur van 8 grade Celsius is nodig om koring te verbou wat rys, en die gewas gebruik baie water. Wallie Roux, ‘n onafhanklike plaaslike […]

Read More