Kinder-huwelike: Die reg onttroon tradisionele wette

Kinder-huwelike is volgens kenners in die gebied ‘n groot uitdaging en daar word berig dat 90 persent van kinders wat gebore word aan moeders tussen die ouderdom van 15 en 19, binne die huwelik gebore is. Dit is ‘n duidelike botsing tussen tradisionele en formele wetgewing. Maar, volgens Toni Hancox, direkteur van die Regshulpsentrum, kraai die land se wetgewing koning oor tradisionele wette.