Arm kinders word meer geslaan – studie

Die Instituut vir Sekerheidstudies in vennootskap met die Universiteit van Kaapstad het ‘n studie vrygestel wat aandui 45 persent van huishoudings wat minder gelukkig is, het die meeste aanduiders van armoede. Volgens die studie word kinders wat in armoede gebore word onderwerp aan lyfstraf omdat hulle ouers stres ondervind. Ma’s in armoede-geteisterde omgewings is minder geneig om liefdevol teenoor hulle kinders op te tree en laat hulle sonder toesig agter. Kinders wend hulle na die strate om fisiese en emosionele uitbuiting tuis te vermy.