Boere het laat geplant, ander sukkel om gewasse groot te kry

Namibië presteer goed in akkerbou en voorsien reeds 48 persent van sy grane en groente. Die Otjozondjupa-streek het die land se broodmandjie geword maar boere in die streek het dié seisoen, met wispelturige reënval, laat geplant, terwyl ander weer saad in die grond gesit het en gehoop het vir die beste. Terwyl daar bystand aangebied word vir boere met trekkers en ander voorraad, is daar steeds kommer oor moontlike oeste. Die goewerneur van die streek James Uerikua sê boere moet aanpas, en veerkragtig wees.