Eie koring uiters uitdagend vir Afrika

Afrika sal moet alternatiewe bronne vir koringvoorraad vind. Dit is die mening van kenners na aanleiding van die oorlog in Oos-Europa. Maar Afrika is nie geskik vir grootskaalse koringproduksie nie. ‘n Temperatuur van 8 grade Celsius is nodig om koring te verbou wat rys, en die gewas gebruik baie water. Wallie Roux, ‘n onafhanklike plaaslike landbou-navorser sê dit gaan uiters moeilik wees vir die vasteland om sy eie koring te verbou.