Onderwysministerie verduidelik die uitslaeproses van NSSCO-eksamen

Die Namibiese onderwysministerie het aangekondig dat die eksamenuitslae van die Namibië Senior Sertifikaat Gewone Vlak van graad 11-leerders vir beide voltydse en deeltydse kandidate Vrydag bekend gemaak sal word. Die uitslae sal op die webtuiste van die onderwysministerie beskikbaar wees, asook via SMS’e en gedrukte media. Die adjunk-uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Edda Bohn het […]

Read More

Ramaphosa sê staatskapers moet deur NVG vervolg word

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê hy is selfs as staatshoof nie by magte om strafregtelike stappe teen enigeen in te stel nie. Hy het tydens die debat oor sy staatsrede in die Kaapstadse stadsaal reageer op vrae oor die vervolging van persone wat deur die staatskapingskommissie betrek is. Ramaphosa sê die mag is in die […]

Read More

Hofinterdik oor samesmelting van taxiverenigings in Johannesburg

Die departement van paaie en vervoer in Gauteng het ‘n hofinterdik verkry wat lede van die Johannesburg Tembisa-taxivereniging en die Midrandse Taxivereniging verbied om saam te smelt om die Johannesburg Midrand-taxivereniging te vorm. Die woordvoerder van die departement, Theo Nkonki, sê die departement het die hof met ‘n dringende aansoek genader om ‘n interdik teen […]

Read More

Gobabis se bul stand weer fier

Gobabis se Brahmanbul-standbeeld staan weer in sy volle glorie. Gobabis-inwoners sê die bul is die trots van die Omaheke-streek en simboliseer die ryk geskiedenis van beesboerdery in die streek. Gemeenskapslede het die bulstandbeeld herstel wat onlangs ná ‘n storm beskadig is. Die goewerneur van die Omaheke-streek, Pijoo Nganate het sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Afriforum: Gesondheidswetsontwerp kom neer op nasionalisering

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het gister sy insette oor die Wetsontwerp op die Nasionale Gesondheidsversekering aan die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid gelewer. ‘n Woordvoerder, Reiner Duvenage, sê die wetsontwerp kom neer op die nasionalisering en monopolisering van die gesondheidsektor. Duvenage sê die wetsontwerp sal katastrofiese gevolge vir Suid-Afrika inhou.

Read More

Diere-reddingsorganisasie sê meer diere moes gered word

‘n Kaapstadse diere-reddingsorganisasie sê daar was sedert die begin van die jaar ‘n toename in die getal diere wat gered moes word en noodbehandeling nodig gehad het. ‘n Woordvoerder van TEARS Animal Rescue, Lara van Rensburg, sê dit is ‘n regstreekse gevolg van stygende werkloosheidsyfers. Van Rensburg sê hulle het in die 2020/21-tydperk 727 troeteldiere […]

Read More

Kaapstad stel tenders bekend aan onafhanklike kragprodusente

Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het aangekondig die stadsraad stel die eerste ronde tenders bekend vir die verkryging van krag vanaf onafhanklike produsente. Hy het die aankondiging gedoen tydens die openingsitting van die Sonkrag Afrika-konferensie. Hill-Lewis sê die stad gaan in die komende maande tot 300 megawatt hernubare energie bekom. Hy verduidelik voorstelle vir projekte […]

Read More

Kundige glo prins Andrew sou ‘n ramp in die hof wees

‘n Kundige oor die Britse koninklike familie glo prins Andrew sou ‘n ramp in die hof gewees het, indien hy sou moes getuig in die seksuele aanrandingsaak teen hom. Dit is vanoggend aangekondig dat hy ‘n skikking bereik het met Virginia Giuffre, wat hom daarvan beskuldig dat hy haar misbruik het toe sy ‘n tiener […]

Read More

Airlink wil sy vlerke sprei in Namibië

Airlink beplan om plaaslike vlugroetes in Namibië te vestig. Die uitvoerende hoof van dié Suid-Afrikaanse lugredery, Rodger Foster, sê Airlink is in gesprekke met internasionale lugrederye om ‘n vennootskap te sluit. Hy sê Airlink het reeds van die vennote besoek en hulle is baie gretig om in Namibië hul vlerke te sprei. Foster sê dit […]

Read More

Universiteit van Kaasptad bespreek studenteskuld-beleid

Die Universiteit van Kaapstad het aangekondig hulle gaan ‘n vergadering met die universiteit se studenteraad hou oor die oorweging om die studenteskuld-beleid te hersien. Die visekanselier, professor Mamokgethi Phakeng, sê tydens die vergadering wat vir Maandag geskeduleer is, sal die raad ‘n voorstel van die uitvoerende direkteur van finansies oorweeg oor hoe die benadering tot […]

Read More