Hartseer as skole Nampol nodig het vir beheer

Namibiese polisie het skole in die land daaraan herinner dat hy self sy dissipline moet toepas en nie die polisie skakel om orde te handhaaf nie. Daar was die afgelope tyd berigte van selfs bendegeweld met messe, by verskeie skole in die hoofstad maar die polisie sê net as daar ‘n kriminele oortreding was moet hulle ingeroep word. Colette Rieckert voorsitter van die Privaatskole-vereniging van Namibië het haar mening so verwoord.