Dwelm-verdagtes bly agter tralies

Tien van die 14 verdagtes wat betrap is met ‘n reuse-11,9 miljoen Namibiese dollar se dwelms het vlugtig in die Gobabis-landdroshof verskyn. Hulle is almal borg geweier en die saak is tot 13 Julie uitgestel vir verdere ondersoek. Drie in die groep is vrygelaat om hulle betaalde bestuurders van die vrag was en een is in steeds in die hospitaal nadat hy raakgeskiet is toe hy probeer vlug het. Daar is beslag gelê op dagga, kokaïen en Mandrax. Die polisie het uiters flink opgetree. Daar is bevestig dat die vrag bestem was vir verskeie eienaars van die dwelms in die hoofstad en met die hulp van die bestuurders is die eienaars ook vasgetrek.