So beïnvloed SA-inflasie ons

Suid-Afrikaners ervaar hoër inflasie as Namibiërs met tabakprodukte, onderwys en grane en vleis wat die meeste bygedra het tot die syfer van 5,9 persent, op van 5,7 persent in Februarie. In Namibië is inflasie op 4,5 persent, onveranderd vanaf Februarie. Kosmos 94.1 Nuus het met Cons Karamata van die Namibiese Ekonomiese-vereniging gepraat oor of daar enige impak van die buurland se syfer op Namibiese verbruikers is.