Stropers kry 19 jaar agter tralies

Twee renosterstropers is in die Skukuza-streekhof in Mpumalanga tot 19 jaar tronkstraf gevonnis vir die oortreding van die Wet op Immigrasie. Lawrence Cuetsele en Nelson Mhlongo het in Mei verlede jaar die Kruger-wildtuin deur die Tsokwane- en die Laer-Sabie-gebiede binnegegaan om renosters te stroop. ‘n Polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala, sê veldwagers is ontplooi toe skote gehoor is en drie mans is met behulp van ‘n SANParke-helikopter vasgetrek: