Nudo looi ook FIMA-wetsontwerp

Die Nudo-parlementslid Joseph Kauandenge sê dit is die reg van enige persoon om te besluit wat hy met sy pensioengeld wil doen. Volgens hom is die regering nie in ‘n posisie om aan hulle voor te skryf hoe of waar hulle hul geld bestee or spaar nie. Kauandenge het gereageer op die nou omstrede FIMA-wetgewing wat bepaal dat net 25 persent van pensioenfondse voor die aftree ouderdom van 55 mag uitbetaal word. Die wetgewing sal na verwagting op 1 Oktober in werking tree maar, Namfisa sê hy konsulteer steeds. Kauandenge eis dat die FIMA na die parlement terugkeer sodat die wetgewers kan debatteer oor wat hy as drakoniese en skadelike regulasies beskryf.