Mafe het dalk medepligtige gehad

Die Valke het bevestig hulle ondersoek die moontlikheid dat die vermeende brandstigter, Zandile Mafe, ‘n medepligtige gehad het toe hy in Januarie die Parlementsgebou aan die brand gesteek het. Die Nasionale Vergadering-gebou is in die brand verwoes en die Ou Volksraad-gebou is beskadig. Die hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, sê die verslag van die forensiese laboratorium, met ‘n foto-album, asook ‘n verslag van die Departement van Openbare Werke is nog uitstaande. Mafe sal na verwagting volgende maand weer in die hof verskyn.