Limpopo verwelkom Tom Cruise

Die departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewing en toerisme in Limpopo het die rolprentster Tom Cruise op Twitter amptelik in die provinsie verwelkom. Hulle sê om hulle rolprent te skiet is beslis ‘n “Mission Very Possible” vir Cruise en sy span – wat natuurlik verwys na die titel van die fliek wat vir die Mission Impossible-reeks opgeneem word. Cruise en die hele filmspan is tans in Hoedspruit en […]

Read More

SA wynbedryf vra vir goeie oordeel in begrotingsrede

Suid-Afrikaanse wynboere en kelders het die afgelope jaar een van die duurste produksiejare beleef en vra daarom die regering om goeie oordeel aan die dag te lê in volgende week se begrotingsrede. Die besturende direkteur van die wynbemarkingsmaatskappy Vinpro, Rico Basson, sê die wynbedryf dra jaarliks 55 miljard rand by tot die bruto binnelandse produk. […]

Read More

Krygkor: SA vloot en lugmag val uitmekaar

Die DA doen ‘n beroep op die regering om die volgehoue afname in die land se militêre vermoë te keer. ‘n DA-parlementslid, Kobus Marais, sê Suid-Afrika se vloot en lugmag het tans geen beskerming teen enige aanval nie en dit lyk nie asof daar enige politieke wil is om die situasie reg te stel nie. […]

Read More

Twee bedriëers van Pretoria tronk toe gestuur

Die handelsmisdaadhof in Pretoria het ‘n 59-jarige man tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis omdat hy sy vriende uit meer as 3,9 miljoen rand bedrieg het. Kobus Nel het tussen 2009 en 2019 vooraanstaande sakepersone van Pretoria en Kaapstad oortuig om in sy onderneming te belê met ‘n belofte van winsgewende opbrengste. Die 54-jarige Gladys Bezuidenhout […]

Read More

Johannesburg behaal welslae met skuldinvordering

Die burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse, sê die stad behaal groot welslae met die invordering van skuld. Die metro is tans besig met ‘n veldtog om 38 miljard rand se agterstallige betalings te in. Phalatse het gesê die veldtog is minder openlik as dié van die aangrensende Tshwane-metro, maar lewer dieselfde resultate op.

Read More

Talle paaie in Kunene-streke gesluit

Die Paaie-owerheid het gemaan dat sekere paaie in die Kunene-streek gesluit is ná erge skade deur swaar reën. Die Ugabbrug en sommige dele van die pad is erg beskadig, daarom is die pad vanaf die Ugabrivier tot by Khorixas gesluit en padgebruikers moet die alternatiewe roete via Omaruru gebruik. Die Langasem-pas is vir sewe kilometer […]

Read More

Sat vir Panado, pas julle aanslag aan, sê NEFF

Die president van die Namibia Economic Freedom Fighters-party Epafras Mukwiilongo eis dat die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula op 24 Februarie verduidelik hoekom die regering net Panado by sy gesondheidsinstellings verskaf. Mukwiilongo sê die regering moet sy aanslag en prosedures verander. Hy verduidelik.

Read More

Drie van 5 ‘polisiebeamptes’ in hegtenis geneem

Die Erongo polisie het drie mans in hegtenis geneem in verband met die rooftog waar kriminele hul voorgegee het om polisiebeamptes te wees. Die drie vorm deel van ‘n groep van vyf wat ‘n inwoner van Omaruru uiteindelik van 50 000 dollar beroof het in ‘n kompleks misdaad-operasie. Inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo polisie […]

Read More

Lugverkeer stabiel, maar steeds laer as voor Covid

Die uitvoerende hoof van die Namibiese Lughawensmaatskappy, Bisey Uirab, sê lugverkeer in Namibië is stabiel, maar nog nie weer so besig soos voor die Covid-pandemie nie. Daar is ‘n herstel in lugverkeer en die aantal toeriste wat Namibië besoek. Uirab sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle werk nou saam met die toerismesektor om Namibië as […]

Read More

Regering moet aandag aan sprinkane gee in Noord-Kaap

Die Demokratiese Alliansie in die Noord-Kaap het ‘n dringende beroep op die Departement van Landbou gedoen om meer aandag te gee aan die sprinkaanplaag in die omgewing van Vosburg, Van Wyksvlei, Prieska, Marydale en Hopetown. ‘n DA-lid van die wetgewer, Reinette Liebenberg, sê distriksamptenare en werkers gemoeid met sprinkane sukkel weens verskeie uitdagings om die […]

Read More