SA sal petrolprys verlaging hê, ons weet niks van Nam nie…

Terwyl die plaaslike situasie heel onduidelik is maar met voorspellings van verdere onderverhalings, sê die Suid-Afrikaanse Sentrale Energiefonds die petrolprys kan in die eerste week van Mei verlaag word. Huidige data toon 95-oktaan petrol kan met 34-sent per liter daal, terwyl 93-oktaan 32-sent goedkoper kan wees. Dieselgebruikers kan volgens huidige beramings egter steeds ‘n verhoging verwag. Die prys kan met tussen 75-sent en 81-sent per liter styg, en lampolie met 68-sent per liter.