Toiletgeld na streeksrade toe – goed of sleg?

Die Namibiese minister van stedelike en landelike ontwikkeling Erastus Uutoni sê 20 miljoen Namibiese dollar is oorbetaal aan streeksrade om toilette in landelike gebiede op te rig. Maar, streeksrade is bekend daarvoor dat doelwitte nie bereik word nie. Vrae het ontstaan oor hoekom die ministerie dit nie self behartig het nie, maar die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah sê daar is maniere om swak dienslewering te omseil.