Kombat en Otavi sal eers Vrydag krag hê

Inwoners in die Otavi-kiesafdeling sal vir twee dae sonder elektrisiteit wees weens ’n foutiewe transformator. Charlie Matengu, woordvoerder by Cenored, sê die foutiewe transformator, wat aan NamPower behoort, is in die Kombat-area geleë. Gebiede wat geraak word is Kombat-vallei, NamWater-pompstasie, die NBC-toring, Otavi-militêre basis, Khorab Lodge, Nasionale Jeugdiens Rietfontein-sentrum, kommersiële plase in die area en boerderye geleë tussen Kombat en Otavi. Hy voeg by dat die kragonderbreking sal eers Vrydag herstel word omdat NamPower ‘n transformator vanaf Windhoek moet bring en daar is geen bystand-transformator in die omgewing van Kombat of Otavi nie.