AfriForum vra VN om gemeenskappe te erken

AfriForum doen ‘n beroep op die Verenigde Nasies om die grondliggende belangrikheid van gemeenskappe te erken met die bou van ‘n beter toekoms terwyl die 2030 Agenda vir Volhoubare Ontwikkeling ingestel word. AfriForum het in ‘n geskrewe verklaring aan die VN se 2022 Ekonomiese en Maatskaplike Raad se Hoëvlak-afdeling ‘n versoek ingedien om ‘n mondelinge voorlegging te doen. Woordvoerder Reiner Duvenage sê hulle hoop om die raad te inspireer om te leer uit Suid-Afrika se mislukkings wanneer die geleentheid van 13 tot 18 Julie plaasvind: